Monday, February 20, 2012

Zak Van Niekerk

Today we went to see Zak in concert at Eastrand mall. As usual he was just himself "plaas laaitjie" He entertained us with a couple of jokes and did a lot of singing.
The sound quality was not of the best due to the sound technician not getting it right. Otherwise it was a good show.

Zak Van Niekerk

Zak Van Niekerk
Zak van Niekerk is gebore in die hartjie van Namakwaland (Springbok) waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Hy’s ‘n plaas laaitie wat hom half vrek rondgehol het agter skape in die Boesmanland, waar sy ouers tot vandag toe nog boer.
Op hoƫrskool het hy sy eie orkes begin maar gou agtergekom dat die ander manne nie so erg ingestel is op die musiek soos hy nie. So, toe begin hy maar sy eie ding en doen dit tot vandag toe nof.
Tydens sy matriek jaar is hy gekeur vir die SANW Kerkkoor en Konsert groep, ook bekend as die Kanaries, vir ‘n tydperk van twee jaar. Aan die eindie van sy eerste jaar besluit die Staat dat daardie afdeling van die lugmag gesluit moet word en is hy geforseer om vinnig besluite te neem vir sy toekoms. Hy gaan swot toe ‘n jaar in die Kaap waar hy in dieselfde jaar ‘n platekontrak gekry, op ‘n jeugdige ouderdom van 19 sien sy debuut album die lig op 14 Januarie 1999. In 2000 bring hy sy tweede album uit en ‘n jaar daarna besluit hy om weer sy eie ding te doen. Kontrakloos vir amper 3 jaar, toer hy die land vol en tree op in verskeie plekke vir ‘n inkomste.
In 2003 kom die groot deurbraak. Hy teken kontrak by Leo musiek en dinge vat vlam. Spoedig word sy derde album “Lekkerkry” uitgereik wat reeds Goue status bereik en daarna volg nog 2 albums. “Byt my”, amper goud en “Oe Na Na” wat sterk op sy hakke volg.
Hy is sekerlik een van die beste komediante wat sy lekker kuier- en luister musiek insluit. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die beste!
Met sy humor, musiek en komedie is hy defenitief ‘n man wat ‘n partytjie aan die gang KAN kry!!

Zak Van Niekerk

Zak Van Niekerk

No comments:

Post a Comment